ARTICLES
STOP SMOKING
Afrikaanse weergawe verder ondertoe.
Freeing yourself from the habit of smoking is one of the most important things you could to for yourself. Imagine that you are free from smoking. You smell fresh and lovely, you have more energy, you feel better and your body is healthy. And what are you going to do with all the money you will be saving? Yes! You can do it! And it is actually so easy!
The British National Council for Hypnotherapy recently released information based on the results of more than 600 studies, and the conclusion is that Hypnosis is three times more effective to help people to stop smoking than nicotine replacement therapy.
I see smokers almost on a daily basis and most people have tried several times to stop smoking using various methods, without success. Most people tried willpower and have failed dismally! Willpower actually has nothing to do with stopping smoking. If willpower was enough, everybody would have stopped by now.
Statistics show that you only have a 6% chance to stop smoking using willpower only. And the nicotine stickers and gum or medication are only a support system for willpower.
So why do you smoke?
Many people think they are addicted to nicotine, but the fact of the matter is that the smoking habit is not a nicotine addiction, but a psychological habit. When you stop smoking, the nicotine leaves your body within 48 hours and the withdrawal symptoms are not the same for everybody. Some people don't even have withdrawal symptoms at all!
Smoking is a learned habit. You were not born a smoker. You had to practice to become a smoker and you programmed yourself to do it. Remember the first time you started smoking, how horrible it tasted and how dizzy you felt and how nauseous it made you feel?
The vast majority of people started smoking in their teens. They started because of peer pressure, to be cool or perhaps it was a way to manage stress and tension.
How is the habit formed?
Do you remember the first time you learned how to ride a bicycle? Well, it's almost the same when you started smoking. In the beginning it was difficult and at first you did not inhale the smoke, but the more you practiced, the easier it became. And after a while, perhaps a few years, it became such an automatic habit that you no longer had to think about it. It started happening automatically.
Your subconscious mind protects you in all things and as the years passed, you were retraining your subconscious mind that smoking is something you need to stay alive.
It's like driving a car. The first few times was difficult, so many things to concentrate on. But after a few years it became so automatic that you could drive the long road, reach your destination and not even remember how you got there!
Your subconscious cannot judge and accepts everything without question. It does not know which habits are healthy and which ones are unhealthy for you. It just does everything in its power to keep that habit going. And that is why ultimately willpower is not going to work to change that habit.
How does my program work?
The secret of my success is that we replace the bad habit with new habits that are good and healthy for you, but which give you the same benefits that smoking provided for you in the past. It takes anything from two weeks to a month to learn a new habit, and with this approach we "re-programme" your subconscious mind to replace the bad habit with good ones.
Most people try stopping smoking by deleting the habit, without putting something in its place. This usually doesn't work, because if you have a hole in your life where smoking used to be, and don't place anything in that hole that is good and healthy for you, then the smoking habit will eventually return to fill that void.
With my proven method I find that the vast majority of people that come and see me, successfully stop smoking after just one session. Now and then there is somebody who struggles a bit and I make sure that there is a free follow-up session available to make sure they stay smoke free.
You will only need the one Hypnosis session to break the habit. It is about 2 ½ hours in duration and includes the following:
Understand hypnosis
Understand your habit
Training in self-hypnosis
Break the habit
Main Hypnosis session
The session always includes a very detailed explanation on what hypnosis is, why it works so quickly, and why it is so very effective and powerful when performed correctly by a qualified and registered Hypnotherapist. There are many misconceptions surrounding Hypnosis, and I take time to carefully explain to my clients exactly what the process is.
Included is a strengthening CD that you could use any time you want to, should you require it. There is also a free follow-up session should you require it, a kind of safety net just for in case you experience any difficulties.
To prepare yourself for the session and increase your chances of success, you are required to do the following:
Keep a diary of every cigarette that you smoke, stating when, where, what you are doing.
Please bring this journal with you to the session, it is an important part of the process and therapy.
Stop smoking in your favourite place.
When you smoke, don't do anything else, just smoke and concentrate on the cigarette you are smoking.
The cost of the session is R 950.
Contact me now to arrange an appointment with your smoke free future.
BEVRY VAN TABAK
Om jouself vir eens en vir altyd van tabak te bevry, is seker een van die mees belangrike dinge wat jy vir jouself kan doen. Verbeel jou jy is vry van sigarette, jy ruik skoon en vars, jy het meer energie, jy voel beter en jou liggaam is soveel gesonder! En wat gaan jy doen met al die geld wat jy gaan spaar?
Ja! Jy kan dit regkry! En dit is eintlik so baie maklik.
Die Britse National Council for Hypnotherapy het onlangs informasie vrygestel gebaseer op die uitkoms van meer as 600 studies, en die bevinding is dat Hipnose drie keer meer effektief is om mense te help om op te hou rook as nikotienvervangingsterapie.
Ek sien rokers feitlik op 'n daaglikse basis, en die meeste mense het al verskeie maniere probeer om op te hou, sonder sukses. Die meeste mense het wilskrag probeer en klaaglik misluk! Wilskrag het niks te doen met ophou rook nie. As wilskrag genoeg was, dan sou almal al opgehou rook het! Statistieke toon dat jy net 'n 6% kans het om op te hou rook met wilskrag alleen. En die nikotienplakkers en -kougom of die pille is maar net ondersteuningsmeganismes vir wilskrag.
So hoekom rook jy?
Baie mense dink hulle is verslaaf aan nikotien, maar die feit van die saak is dat die rookgewoonte nie 'n nikotienverslawing is nie, maar 'n psigologiese gewoonte. Wanneer jy ophou rook verlaat die nikotien jou liggaam binne 48 uur en die onttrekkingsimptome is nie dieselfde vir almal nie. Party mense kry nie eers sulke onttrekkingsimptome nie! Rook is net 'n aangeleerde gewoonte.
Jy is nie as 'n roker gebore nie. Jy moet baie oefen om 'n roker te word en jouself programmer om dit te doen. Onthou jy die eerste keer toe jy begin rook het, hoe aaklig dit gesmaak het en hoe jou kop gedraai en naar jy gevoel het?
Die oorgrote meerderheid mense begin in hulle tienerjare rook. Hulle begin as gevolg van groepsdruk, om "in" of "cool" te wees, dalk dink hulle dis 'n manier om stress en spanning te hanteer.
Hoe word die gewoonte gevorm?
Kan jy die eerste keer onthou toe jy miskien leer fietsry het? Wel, dis amper hoe dit was om te begin rook. Aan die begin was dit moeilik en jy het nie eers die rook ingeasem nie, maar hoe meer jy geoefen het, hoe makliker het dit geword. En na 'n ruk, miskien 'n paar jaar, het dit so 'n outomatiese gewoonte geword, dat jy nie eers meer nodig het om daaraan te dink nie. Dit gebeur nou sommer outomaties.
Jou onderbewussyn beskerm jou in alle dinge en deur die jare het jy jou onderbewussyn heropgelei om te glo dat rook iets is wat jy nodig het om aan die lewe te bly.
Dis soos om 'n kar te bestuur. Die eerste paar kere was dit baie moeilik, so baie dinge om op te konsentreer. Maar na 'n paar jaar het dit so outomaties geword jy mag dalk langpad ry en by jou bestemming opdaag en jy kan nie eers onthou hoe jy daar uitgekom het nie!
Jou onderbewussyn kan nie oordeel nie en aanvaar alles gelate. Dit weet nie watter gewoontes gesond is en watter ongesond is nie. Dit doen net alles in sy vermoë om daardie gewoonte aan te hou doen. En dit is uiteindelik hoekom wilskrag nie gaan werk om daardie gewoonte te verander nie.
Hoe werk my program?
Die geheim van my sukses is dat ons die slegte gewoonte vervang met nuwe gewoontes wat goed en gesond is vir jou, maar wat aan jou dieselfde voordele gee as wat rook in die verlede aan jou gegee het. Dit vat enigiets van twee weke tot 'n maand om 'n nuwe gewoonte aan te leer, en met hierdie program "herprorammeer" ons jou onderbewussyn om die slegte gewoonte te vervang met 'n goeie een!
Die meeste mense probeer ophou rook deur die gewoonte te "delete", sonder om iets anders in die plek daarvan te doen. Dit werk gewoonlik nie, want as jy 'n gat in jou lewe het waar die rook was en jy plaas nie iets anders in die plek van die rook nie, dan sal die rookgewoonte uiteindelik maar net weer terugkeer om daardie leemte te vul.
Met my beproefde metode vind ek dat die oorgrote meerderheid mense wat my kom sien, suksesvol ophou rook na net een sessie. Hier en daar is daar iemand wat 'n bietjie sukkel, en ek maak seker ek gee daardie kliënt 'n gratis opvolgsessie om seker te maak hy of sy bly rookvry!
Ek bied egter aan jou 'n keuse vir die manier wat die beste gaan werk vir jou. Besluit self hoe gereed jy is om op te hou rook en kies die opsie wat die beste gaan werk vir jou.
Verstaan hipnose
Verstaan jou gewoonte
Opleiding in self-hipnose
Breek jou gewoonte
Hipnose sessie
Die sessie sluit altyd 'n volledige beskrywing in van wat hipnose is, waarom dit so gou werk, asook hoekom dit so effektief en kragtig is wanneer dit deur 'n gekwalifiseerde en ervare hipnoterapeut toegepas word. Daar is baie misverstande rondom hipnose, en ek verduidelik aan al my kliënte wat die proses is.
Dit sluit 'n CD in wat jy dalk by die huis kan luister as jy dit nodig het, wat al die voorstelle wat in die sessie gemaak is, sal versterk. Daar is ook 'n gratis opvolgsessie as jy dit benodig.
Indien jy hierdie opsie kies, is dit uiters noodsaaklik dat jy die volgende doen:
Hou dagboek van elke sigaret wat jy rook vir ten minste sewe dae, en bring hierdie joernaal saam met jou na die sessie.
Hou op om op jou geliefkoosde plek te rook.
Wanneer jy rook, mag jy net rook en niks anders doen nie;
Konsentreer ten volle op die sigaret en die sigaret alleen!
Die koste vir die program is R 950.
Kontak my nou dadelik om jou afspraak met 'n rookvrye toekoms te reel.
Allow me to help you to take control of your life.
CLICK HERE to read what our clients have to say!
CLICK HERE to book an Appointment!
